"Ek, Jimmy Carter..." - James Earl Carter is ingesweer as die President van die Verenigde State onder sy bynaam, "Jimmy".
'n Bynaam of alias is 'n nie-amptelike alternatiewe naam vir 'n persoon, plek of voorwerp.
So 'n bynaam kan 'n negatiewe of positiewe verbintenis hê. Indien negatief, word na 'n spotnaam verwys, en in 'n positiewe sin na 'n noemnaam of roepnaam.[1]